Monday, June 30, 2008

God die begin en einde.

Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Om toe te laat dat God se Gees in ons werk, vat n totale oorgawe aan God. My gebede is om God se teenwoordigheid in my lewe te he elke minuut van elke dag. Dit verg egter dat ek beheer moet vat van my denke. Vir jare het ek gevoel dat ek God moet help om my lewe in orde te kry. Die resultate was dat ek situasies gevat het waarin God nie verheerlik kan word nie en probeer het om God se vrede in dit af te bid.

Geloof begin in God en eindig in God. Ek moet n wilsbesluit neem om God te vertrou.

Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

Die skrywer van Hebreurs rig hierdie woorde uit n noodsituasie. n Besluit word geneem om nie verder na die situasie te staar nie, maar om God te verheerlik (rig slap hande op), bid en soek God se aangesig op (rig verlamde knieë weer op).

Geen mens kan jou lewe verander nie. God is ons Vader en alles wat ons besiten verkry is deur God se ganade vir ons.

Monday, June 2, 2008

Deur wie word ek gelei?

Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Om in die teenwoordigheid en wil van God te wandel is seker die wonderlikste ervaring wat ons as kinders van God kan he. Dit is egter vir my verbasend hoe vinnig ons voel ons het die mylpaal bereik die oomblik wat dit begin goed gaan in ons lewens. Elke mens streef na sukses en n beter lewe vir hom/haar. As ons finansieel geseen word, word ons so baie keer die persoon wat voel die geld behoort aan ons en dit word n guns wat ons aan andere doen as die Heilige Gees met ons praat om n werk, persoon of instansie te ondersteun. Terwyl Moses in hulle geledere was en die volk totaal van God afhanklik was, was hulle gretig om n belofte aan God te maak. “Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister” Hoe maklik was dit vir die volk om na alles wat God vir hulle gedoen het hierdie woorde te kon uiter.

Exo 32:8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

Hierdie teksvers laat my dink aan die mens se begeerte om in beheer van sy eie lewe te wees. Die goue kalf is dit wat ons keer op keer uit God se wil vat. Die vrese om nie in beheer te wees nie, maak dat ons aardse sekuriteite opbou en dan glo dat dit die voertuig is wat ons deur die lewe gevat het. Die vraag wat by my opkom is wat is my goue kalf? Is dit my werk? Is dit n persoon? My bank? Nadat hulle die kalf gemaak het, het hulle hom geprys as die god wat hulle gelei het uit Egipte uit.

God gee ons egter die wondelike beloftes uit Sy Woord:

Deu 26:17 Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.

Jes 46:3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

Jes 46:4 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.

Heb 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Die goue kalf het my al keer op keer gefaal. Nog steeds se God ons moet Hom vertrou. Hy sal vir ons n God wees en Hy sal ons lei. Watter groot belofte het ons nie in ons Vader nie.

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.