Monday, June 30, 2008

God die begin en einde.

Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Om toe te laat dat God se Gees in ons werk, vat n totale oorgawe aan God. My gebede is om God se teenwoordigheid in my lewe te he elke minuut van elke dag. Dit verg egter dat ek beheer moet vat van my denke. Vir jare het ek gevoel dat ek God moet help om my lewe in orde te kry. Die resultate was dat ek situasies gevat het waarin God nie verheerlik kan word nie en probeer het om God se vrede in dit af te bid.

Geloof begin in God en eindig in God. Ek moet n wilsbesluit neem om God te vertrou.

Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieƫ weer op;
Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

Die skrywer van Hebreurs rig hierdie woorde uit n noodsituasie. n Besluit word geneem om nie verder na die situasie te staar nie, maar om God te verheerlik (rig slap hande op), bid en soek God se aangesig op (rig verlamde knieƫ weer op).

Geen mens kan jou lewe verander nie. God is ons Vader en alles wat ons besiten verkry is deur God se ganade vir ons.

No comments: