1Pe 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
1Pe 2:12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
1Pe 4:4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
1Pe 4:5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
Ek hoor al meer as ek met mense deel, dat hulle in n stryd is oor ander godsdienste. Baie van die verskillende godsdienste kom so vroom en so opreg voor. Dit is iets wat ons as kinders van God na hunker as ons na hulle kyk. God se Woord stel dit egter duidelik gat n groot onderskeid is nl. Jesus Christus, wat volgens die Woord die enigste weg tot die ewige lewe besit. Die Woord was in die begin en die Woord was by God en die Woord was God.
As al hierdie faktore dieselfde gebly het, beteken dit net een ding, die mens aanvaar nie die Woord nie.
2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
2Pe 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
2Pe 2:3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
Onlangs het n egpaar met 2 jong kinders my gevra, hoe hulle hulle kinders gaan oorreed dat Jesus Christus die Seun van God is. Op skool word hulle geleer van jongs af oor godsdiens verdraagsaamheid. Dat een Godsdiens nie bo n ander staan nie.
Petrus beantwoord hulle wandel met die woorde:
2Pe 2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
2Pe 2:18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
2Pe 2:19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
God se Woord is ons maatstaf. Baie keer word ek gevra hoekom ek no glo. My antwoord is, as ek dit verloor dan het ek niks nie. Ek ken God as my redder, leidsman, vredevors, sterke God en ewige Vader. N lewe sonder sy nabyheid en wandel in my lewe, beteken vir my niks nie.
Eeen ding weet ek. In myself is ek niks nie, maar met God in my kant is ek tot alles in staat.
1Pe 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
1Pe 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
Thursday, July 24, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment