Monday, August 11, 2008
Geloofs strukture
Psa 24:5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
Die Woord van God is n woord van hoop en beloftes. Die boodskap is een van oorwinning in elke opsig van ons lewe. Vir elke menslike gevoel is daar n oplossing in God se Woord. Slegs God se volmaakte plan in ons lewens bring volmaakte vrede.
Daar is dalk ander mense soos ek wat ook glo dat God doen wat Hy beloof, maar kort kort voel ek dat ek Hom bietjie moet help. Ek bid oor n saak en glo dat God gaan voorsien en dan begin ek werk om die rigting van die hulp te bepaal en dit bietjie vinniger te maak. God moet baie keer afkyk en glimlag as Hy sien hoe ek poog om dinge te laat gebeur wat Hy klaar laat gebeur het.
As mens na Psalm 24 kyk het dit te doen met die verskuiwing van die vebondsark na Jerusalem. Die ark was die simbool van God se teenwoordigheid onder die volk. Net volkome toegewydheid aan God kan ons die lewe gee van oorwinning. Net n volkome toegewyde priester kon in die allerheiligste ingaan. Dawid was so opgewonde om die ark terug te kry in Jerusalem dat hy nie gedink het aan die voorwaardes van God se teenwoordigheid nie. Ons moet heilig leef. Net so raak ons opgewonde oor iets wat in ons lewens moet gebeur, maar die strukture in ons lewens maak dit onmoontlik vir God om in die huidige omstandighede te seen.
Sa 6:6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.
2Sa 6:7 Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.
Dit het my weereens laat besef hoe hoog God sy verhouding met ons ag. Hy wil eerste in ons lewens wees sodat Hy sy liefde en seen aan ons kan skenk.
1Sa 7:3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
Samuel se hier vir die volk om die strukture in orde te kry, sodat God in hulle midde kan beweeg. Maak huis skoon.
In Psalm 24 verwys Dawid dat die strukture van ons lewens so opgestel moet wees dat God ons kan seen.
God se vereiste
"Hy wat rein van hande en suiwer van hart is"
God se belofte.
"Hy sal seën wegdra van die HERE"
Ek het weer begin om te kyk hoe lyk die omstandighede en strukture waarin ek verwag om God se seen te ontvang. Ek moes bely voor God dat my strukture nie opgestel was om sy heerlikheid en teenwoordigheid te ontvang nie. Soos Dawid moes ek terug staan en besef dat God se oorvloedige seen slegs plaas vind in God se teenwoordigheid.
Die vraag wat ek moes antwoord was:
1. Hoe lyk my besigheids strukture vir God se teenwoordigheid.
2. Hoe lyk my familie strukture vir God se teenwoordigheid.
3. Hoe lyk my verhoudings strukture vir God se teenwoordigheid.
4. Hoe lyk my woning strukture vir God se teenwoordigheid.
5. Is ek bereid om nee vir n groot besigheidstransakies te se waaroor ek lank gebid het en baie nodig het omdat die mure om my tuimel van bankkrotskap, maar God pas nie in daardie strukture in nie.
Geen oorwinning sal ooit n oorwinning sonder God wees nie.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê
Dankie Here.
Thursday, July 24, 2008
Stryd van die Woord van God
1Pe 2:12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
1Pe 4:4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
1Pe 4:5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
Ek hoor al meer as ek met mense deel, dat hulle in n stryd is oor ander godsdienste. Baie van die verskillende godsdienste kom so vroom en so opreg voor. Dit is iets wat ons as kinders van God na hunker as ons na hulle kyk. God se Woord stel dit egter duidelik gat n groot onderskeid is nl. Jesus Christus, wat volgens die Woord die enigste weg tot die ewige lewe besit. Die Woord was in die begin en die Woord was by God en die Woord was God.
As al hierdie faktore dieselfde gebly het, beteken dit net een ding, die mens aanvaar nie die Woord nie.
2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;
2Pe 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
2Pe 2:3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
Onlangs het n egpaar met 2 jong kinders my gevra, hoe hulle hulle kinders gaan oorreed dat Jesus Christus die Seun van God is. Op skool word hulle geleer van jongs af oor godsdiens verdraagsaamheid. Dat een Godsdiens nie bo n ander staan nie.
Petrus beantwoord hulle wandel met die woorde:
2Pe 2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
2Pe 2:18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
2Pe 2:19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
God se Woord is ons maatstaf. Baie keer word ek gevra hoekom ek no glo. My antwoord is, as ek dit verloor dan het ek niks nie. Ek ken God as my redder, leidsman, vredevors, sterke God en ewige Vader. N lewe sonder sy nabyheid en wandel in my lewe, beteken vir my niks nie.
Eeen ding weet ek. In myself is ek niks nie, maar met God in my kant is ek tot alles in staat.
1Pe 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
1Pe 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
Monday, June 30, 2008
God die begin en einde.
Om toe te laat dat God se Gees in ons werk, vat n totale oorgawe aan God. My gebede is om God se teenwoordigheid in my lewe te he elke minuut van elke dag. Dit verg egter dat ek beheer moet vat van my denke. Vir jare het ek gevoel dat ek God moet help om my lewe in orde te kry. Die resultate was dat ek situasies gevat het waarin God nie verheerlik kan word nie en probeer het om God se vrede in dit af te bid.
Geloof begin in God en eindig in God. Ek moet n wilsbesluit neem om God te vertrou.
Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
Die skrywer van Hebreurs rig hierdie woorde uit n noodsituasie. n Besluit word geneem om nie verder na die situasie te staar nie, maar om God te verheerlik (rig slap hande op), bid en soek God se aangesig op (rig verlamde knieë weer op).
Geen mens kan jou lewe verander nie. God is ons Vader en alles wat ons besiten verkry is deur God se ganade vir ons.
Monday, June 2, 2008
Deur wie word ek gelei?
Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Om in die teenwoordigheid en wil van God te wandel is seker die wonderlikste ervaring wat ons as kinders van God kan he. Dit is egter vir my verbasend hoe vinnig ons voel ons het die mylpaal bereik die oomblik wat dit begin goed gaan in ons lewens. Elke mens streef na sukses en n beter lewe vir hom/haar. As ons finansieel geseen word, word ons so baie keer die persoon wat voel die geld behoort aan ons en dit word n guns wat ons aan andere doen as die Heilige Gees met ons praat om n werk, persoon of instansie te ondersteun. Terwyl Moses in hulle geledere was en die volk totaal van God afhanklik was, was hulle gretig om n belofte aan God te maak. “Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister” Hoe maklik was dit vir die volk om na alles wat God vir hulle gedoen het hierdie woorde te kon uiter.
Exo 32:8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Hierdie teksvers laat my dink aan die mens se begeerte om in beheer van sy eie lewe te wees. Die goue kalf is dit wat ons keer op keer uit God se wil vat. Die vrese om nie in beheer te wees nie, maak dat ons aardse sekuriteite opbou en dan glo dat dit die voertuig is wat ons deur die lewe gevat het. Die vraag wat by my opkom is wat is my goue kalf? Is dit my werk? Is dit n persoon? My bank? Nadat hulle die kalf gemaak het, het hulle hom geprys as die god wat hulle gelei het uit Egipte uit.
God gee ons egter die wondelike beloftes uit Sy Woord:
Deu 26:17 Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
Jes 46:3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
Jes 46:4 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
Heb 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Die goue kalf het my al keer op keer gefaal. Nog steeds se God ons moet Hom vertrou. Hy sal vir ons n God wees en Hy sal ons lei. Watter groot belofte het ons nie in ons Vader nie.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Tuesday, May 27, 2008
Ons is deur God gemaak om te gee.
1John 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
Meeste van ons kan oor ons lewe uitkyk en se dat God waarlik goed is vir ons. Ons huise, motors, kindres se skole en lewensstyl is n sprekende voorbeeld van God se goedheid.
Joh 3: 17 het my doel as kind van God weer uitgebring en my met hartseer van my eie lewe aangekla. Hoeveel kan ons besit, sonder om vir God te se: "Here alles wat ek besit behoort aan U.
2Kor 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
God seen ons so dat ons in alle opsigte oorvloedig kan wees EN oorvloedig kan skenk aan hulle wat nood is.
Solariteit het hierdie foto's bekendhemaak, My eerste vraag is , wat ek kan doen Here.
Kyk na die foto's en vra jouself, wat kan ek doen.
http://www.helpendehand.co.za/armoede/gallery.htm
Mag God ons seen omdat ons bereid is om te seen.
Ek bid dat God ons lei en ons n hart gee van liefde en omgee.
My misie en visie is dat God ons n hart van omgee en liefde gee. Dat ons, ons beursies aan God toewy en Hom vertrou om herlewing en wonderwerke te doen.
Mag die Here se seen oor ons lewe en families wees.
Monday, May 26, 2008
Herlewing in God se teenwoordigheid
As n persoon wat n stadium in my lewe weg beweeg het uit God se teenwoordigheid en sonder Sy nabyheid was, kan ek verstaan wat Moses in hierdie woorde se. As God nie met ons is nie tevergeefs werk die arbeider. Moses maak n stelling wat op ons hedendaagse lewe van toepassing is. In vers 16 se Moses dat die feit dat God met ons is, is die verskil tussen ons en ander mense wat op die aarde wandel. As God nie met ons is nie, dan is ons lewe net soveel werd as die godelose.
Ons kan herlewing onder die kinders van God sien in die afgelope paar maande. Dit is asof mense n groter behoefte het om God se hand in hulle lewens te sien. Ek hoor van magtige herlewing in Afrika, Kanada, Rusland en Amerika. Ons behoefte om terug te beweeg in God se teenwoordigheid en sy Gees in ons lewens en omgewing te voel is dit wat toelaat dat God Sy herlewing kan bring.
Herlewing begin eerste by ons, dan by ons plek van aanbidding of bediening. Soveel mense hardloop agter herlewing aan. Ek hoor van predikers wat Torronto toe gaan omdat hulle gehoor het God is besig met wonderwerke daar. Herlewing begin in ons harte.
As jy kan toelaat dat God beheer vat oor jou hele lewe en toelaat dat God weer die hoof van die familie word, dan is ons besig met herlewing. In Handelinge lees ons dat die dissipels op die Heilige Gees moes wag, voor hulle met God se werk kon begin. Herlewing in Handelinge is veroorsaak deur herlewing onder die dissipels.
Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Nadat herlewing onder die Heilige Gees plaasgevind het, het hulle harte, lewens en materiele dinge aan God se Gees gehoorsaam geword. Dit was beter in God se teenwoordigheid as daarsonder.
Hand 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.
Hand 2:42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
Hand 2:43 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
Hand 2:44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
Hand 2:45 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
Hand 2:46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
JesusKrygers is n wandel saam met God in God se teenwoordigheid onderleiding van Sy Gees.
Kom ons wag op herlewing in ons harte vir herlewing in ons gemeenskap.
Wednesday, May 7, 2008
Nog MMC getuienis vanaf Greytown
MMC
18 – 20 April 2008
In Markus 11:22, sê Jesus "Have faith in God". En na die naweek weet ek dat dit moontlik is om op blinde geloof te funksioneer en te lewe. Oom Angus, die ou van faith like patatoes, hardloop 110% op geloof en ek wens ek het 'n fraksie van sy geloof gehad. Ek wens dat almal van ons sulke geloof kon hê, maar ek werk daaraan.
MMC, mighty men conference, het gegaan om die mans van hierdie land weer hulleself terug te gee. Dit het gegaan om die families van die God weer te kom oprig om hierdie land te kom verander deur in die kombuis te begin. Die tema was "Dying to live", soos in Gal 6:20 staan, ons is dood maar ons lewe. Ons lewe in Christus en ons leef omdat hy uit liefde vir ons sondes gesterf het. Ons mans het slap begin raak en die hele wereld begin blameer vir die hele wereld en sy probleme. Dis tyd dat ons begin regop staan en met volle bors begin loop en mense in die oë kyk. Ons is die prinse en ons moet so begin optree. Dis tyd dat ons ons plekke inneem as hoof en priesterhoof van ons huise. Dis tyd dat ons begin glo. Glo soos in Markus 11:22. 'n Tipe geloof wat berge
So hoe was die MMC vir my? Wel daar is nie eintlik woorde hiervoor nie. Mens
En as ek weer daaroor dink smile ek terselfdetyd want iets is aan die gebeur. Dit gee hoop, hoop vir ons land, vir manne en vir gewone mense, ons moet net glo. 60000 mans, maal dit met 4, dis 240000 mense wat direk of indirek daar was. Dis 'n mighty army. Dis soos Angus sê "We are not at the beginning of a revival, we are IN revival!". Mat 6:33 sê "Soek alle eers die koningkryk en wil van God en al hierdie dinge sal vir julle gegee word". Ons was daar om die koningkryk van God te soek.
Ek wil afsluit met iets persoonliks wat op die kamp gebeur het. En ek voel dis baie belangrik en daarom wil ek dit met julle deel. Sondag oggend toe praat Angus oor Stilte tyd. Iets wat die laaste ruk, langer as wat ek hier wil sê vir my 'n issue was en ek weet dis 'n issue vir baie van ons. Ons tyd raak net al hoe minder en ons doen net al hoe meer en al hoe minder tyd word aan God gegee. My stilte tyd was baie aan en af, soms great en soms net om my skuld gevoelens te sus. Op 'n staduim toe laat Angus almal wat wil, 'n belofte maak aan die Here dat hulle van vandag af elke dag vir die res van hulle lewe stilte tyd sal hê. Dis baie belangrik, want dis hoe mens God se wil regtig leer ken. Ek wou baie graag die belofte maak maar het toe nie, want dis vir my nogal 'n baie moeilike en groot belofte om te maak. Veral soos ek myself ken. Elkgeval, ek het toe net God gevra om my te help om dit na te streef, om dit reg te kry want Hy weet hoe graag ek dit wil doen. Dis baie belangrik, want jy
Vanoggend 05:00 word ek wakker, sonder 'n wekker uit gerus, vars en reg vir aksie. Gewoonlik slaap ek tot 07:00. Toe het ek en Esti die beste stilte tyd gehad en dit was baie special.
Een laaste gedagte. Hierdie land is God se land en hy gaan nie dit weg gooi nie. Ons moet meer bid en meer bid vir ons land.
Meer as oorwinaars
God het die mag om met een woord ons lewe heeltemal te verander. Ek moes 6 maande terug n besluit neem wat my hele lewe sou verander. Die besluit was of ek God genoeg vertrou om nee te se vir n vaste inkomste en n besluit te neem dat God in beheer van my lewe sal wees.
Deur n familie lid het JesusKrygers sy onstaan gehad. Dit is n stryd wat God in my opgewek het, dat Sy kinders elkeen met n probleem sit en geen ondersteuning het nie. As ons as mede krygers alleen moet oorlog voer, is ons kanse vir n oorwinning baie skaars.
Die Here wil he dat ons oorwinnaars in Hom moet wees. Die teksvers se God het die mag om ons omstandighede te verander. Al wat God nodig het is dat ons vra en Hom dan genoeg vertrou om die werk te doen. Abraham is geseen omdat hy sy geloof in God geplaas het. Rom 4:17 "...en die dinge wat nie bestaan nie , roep asof hulle bestaan."
God wil ons seen. Ons is Sy kinders. Ons is meer as oorwinaars in ons Vader se hand.
Tuesday, May 6, 2008
MMC
On Thursday I met people who went down to Greytown. They could not stop praising God.
I got this e-mail yesterday and would like to share it with everybody. Our God is alive.
More Awesome testimonies and pictures!
This past weekend I was one of the fortunate who was able to attend the Mighty Men conference on the Shalom farm near Greytown. Many have asked me about it, and you may be one of these, or you may be someone who I thought would be interested to hear about the experience.
A few weeks ago my wife (Marguerite) was speaking to a friend of ours who mentioned that her husband was going to attend the conference. At that stage we knew nothing about it, but it seems something inspired her (the Holy Spirit) that I would probably benefit greatly by attending. She started asking people we know if they would be interested in attending, but one by one it turned out that everyone was either occupied or not in a position to attend. It felt to me that she was more eager that I should attend, than I was. Sometimes our wives know better than we what we need, and I thank her for her persistence. Eventually, on the Monday before the conference a friend of mine (Adriaan) who had been contacted by my wife indicated that he, like myself would like to attend, but didn't want to go alone. So after much deliberation and considering alternative means of getting there (bus etc.) we decided to bite the bullet, register for the conference and drive down. I logged into the site and registered only to find that I was number 37 613 where they had initially only expected 30 000. A few minutes later I had registered Adriaan (number 37 653) and realized the bookings were coming in fast and furious. Camping site allocations were meant to begin that evening.
As we slowly rolled down the road we began to get an impression of the magnitude of the event. Here is the first we became aware of the tent that had been erected for the event. The tent is called Tensile 1 and this is only the third or fourth time it has been put up. In 2002 it had an estimated value of R15mil. It was initially built for a Gatecrashers party in the UK, and part way through the construction the company ran out of funds. Someone in SA agreed to complete the construction if we could get the tent after the show, and thus it was completed and now stays in SA. It was put up in 2002 for the World Summit. Since then it has remained in storage and is generally considered too expensive to erect for any normal event. It has a seating capacity of close on 30 000 and takes 3 weeks to put up.
The road to the farm took us past some beautiful scenery, including this forest with the sun setting behind it. As we rounded the final bend and got close to the site office we received our first impression of what kind of effort and commitment had gone into the event. The masses of people we being dealt with very efficiently and the people preparing food for the campers, realizing that all the cars queuing to come in would miss the supper time, started handing out hot dogs to the cars passing by. If you're wondering, the event was fully catered for with shower facilities and provision of water and toilets... for all the people... at no cost. When I later explain the numbers of people you will acknowledge that only God can make something like this happen.
Finally finding our camp site (A 2 1) we parked our car where we could find a gap and get ready for the first session. Walking up to the main tent a brisk walk away there was an electric atmosphere with people blowing trumpets and generally sounding more like an English football match rather than a men's conference. Fortunately we had decided to carry our chairs with us, because when we got there there were a huge amount of people sitting outside the tent as the interior was already full. I estimate the crowd capacity at that stage at about 45 000 people... and that was just the start. Even sitting on the outskirts of the tent, it was easy to feel part of the event as the tent has open sides, and the screens are easily visible in the night.
Angus Buchan started the even with a bang, and immediately challenged the men to stop their nonsense, break with the wrong things they were doing, recommit themselves to their families, wives and God. He's a very straight forward person, and as they say in Afrikaans, 'plat op die aarde'. He is a farmer, and doesn't mince his words. He calls a spade a spade, and has conservative values which come straight from the bible. I am generally sceptical of evangelists, and was worried that he would try to use words to whip us into a frenzy. But that is not the man I learned to know at this conference. He has a genuine passion for the Lord and wants people to make right with him and harvest the most from the relationship. I truly believe that God moves through this man.
I estimate that 80% of the people at the conference were Afrikaans speaking, and probably 80% of those were farmers. These guys are hurting, and life is not easy for them. Their well being, culture, masculinity and many other factors are under huge pressure, and I think Angus speaks to their hearts. Below are 2 photos of the inside of the tent. By this time there were over 55 000 people in attendance.
The campsites were really well organised. 4 blocks of land had been left un-planted for the event, and the only money asked for for the event was a camping fee to cover the costs of not producing crops on those stretches (R100). As mentioned, running water was provided via some ingenious use of irrigation taps and piping, and each camp site had a dedicated food tent to provide the campers with coffee and hot food. The picture below is of one of the meals being dished up. A pretty tasty bunny chow made of a full half loaf of fresh
The picture below is of our camp site (A - Red Block). I'm guessing about 10-15 000 people camped here. On the horizon you can see the big tent and the food tent is in the top-middle of the camp site. The people worked really well together, and the atmosphere was always positive and happy. Seldom have a seen people shaking hands and laughing together when they have bumped into each other in the bustle of large crowds, yet here I saw it all the time.
This picture is not my own, but comes from the www.mightymen.org.za web page. It shows the tent and part of the Green camping block.
Here is the daily view we had of the tent walking up to it for the sessions. Below are 2 pictures showing the inside of the tent during the sessions. The atmosphere in the tent was pretty wild, and the noise created by (at this point) over 60 000 men shouting 'AMEN' or singing praise and worship was awesome. I don't think I've laughed, cried and got goose bumps quite as much before in my life.
This is the import point I want to make. The conference was a very personal and meaningful thing for me. No two people had exactly the same experience, and no one will be able to truly do the event justice by explaining it. Pictures and numbers are impressive, but feeling the Holy Spirit move through these men and blow the glowing embers in their hearts into a billowing flame is not something you can describe. All I can say is that it was a life changing event. I don't think the country will be the same again. I'm sure that Satan has done a fair amount of damage already and made sure that a lot of those red hot coals have been reduced to simmering embers, but I also know that there are still thousands upon thousands of Mighty Men who are going to move out into this country and begin a change that can't be stopped. As Uncle Angus says... 'We aren't starting a revival... We are in revival!'
Amen and all glory to God. May he bless these men, all the people who worked their butts off to make this happen, and to servants like Angus and his family who opened up their home and hearts to ordinary men, and in obedience to God, changed a nation. If things work out, I hope to see you there next year!
Om te glo sonder om te sien
“Toe sê Jesus vir hom: ‘Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo’”(Joh 20:29).
Lees Johannes 20:26-31
Ons leef in ’n tyd waarin mense skepties is oor baie dinge. Ander ondersteun weer die teorie dat die algemene gebrek aan morele waardes tot hierdie stand van sake bydra. Wat die rede ook al is, die feit is dat bitter min dinge in hierdie moderne tye op gesigswaarde aanvaar word.
In sommige gevalle sluip hierdie gesindheid van skeptisisme selfs mense se geloof binne. Daar is groot getalle van mense wat, soos die dissipel Tomas, eers ná ’n sigbare teken begin glo in die werklikheid van God. Dit is mense wat op logika en intellek vertrou, in plaas van op geloof en vertroue.
Jesus, die lewende Christus, roep al sy volgelinge op om in Hom te glo. En Hy belowe dat Hy in ons lewe teenwoordig sal wees wanneer ons in Hom glo. Deur sy Gees kom woon Hy in ons hart en beheer Hy elke faset van ons lewe.
Om te glo sonder om te sien verg ’n daad van geloof, soos Tomas uitgevind het. Maar dit lei inderdaad tot ongekende vrede en gemoedsrus wat jy ervaar en sal jou in staat stel om, soos Tomas, hierdie woorde van oorgawe en aanbidding te uiter: ”My Here en my God!“ (Joh 20:28).
Gebed :
“Sal ek die majesteit se gloed as sondaar ooit kan nader? Goddank! Versoen deur Jesus bloed, is God ook nou my Vader. Nou klink my lied: Die Heer is goed, die Heer is onuitspreeklik goed, oneindig sy genade”
(Lied 499:3).
Waar leef jy? Menige gelowige leef in die “kothuis van twyfel” terwyl hulle kan leef in die “herehuis van geloof”.
CHARLES HADDON SPURGEON
Uit: Wandel digby Christus, Solly Ozrovech se nuutste Bybeldagboek.
Om te bestel skakel 0860 231 231 of besoek www.luxverbi-bm.comWednesday, March 5, 2008
Tuesday, March 4, 2008
God leef deur sy Gees in jou
“God, die Allerhoogste, woon egter nie in geboue wat deur mense gemaak is nie”
Lees Handelinge 7:45-53
Die feit dat daar in groot dele van die Westerse wêreld al minder mense is wat kerk toe gaan, is ’n bron van groot kommer vir die kerkleiers van vandag. Een van die hoofoorsake vir gemeentes wat sterf, is egter die feit dat soveel mense daarmee tevrede is om God te beperk tot die plek waar hulle Hom elke week formeel gaan aanbid.
Die God wie ons aanbid, is die lewende God. Hy leef in die opgestane Here Jesus. Dit is ongetwyfeld so dat jy Hom ontmoet wanneer jy Hom in jou kerkgebou aanbid en wanneer jy die Bybel lees, lofliedere sing en jou gebede tot Hom opstuur. Maar dit is nie moontlik om die kerkdeur te sluit en Hom in die gebou agter te laat, of om Hom te beperk tot die bladsye van die Bybel of jou liedboek nie. Wanneer jy dit doen, sal die vlam van jou geloof al hoe dowwer flikker en uiteindelik doodgaan.
Jy self is God se tempel, en om te kan groei in genade en die louter vreugde van die lewe in Christus te geniet, moet jy jou voorberei om Jesus in aanbidding tydens jou stiltetyd te ontmoet. Nadat jy dit gedoen het, is dit uiters noodsaaklik dat jy Hom sal toelaat om beheer te neem oor jou hele lewe. Só sal die lewende Christus, deur die werk van die Heilige Gees, jou lewe in so ’n mate vervul dat jy ’n weerkaatsing van sy heerlikheid sal wees in alles wat jy doen. Jy sal die lewe in al sy volheid leer ken. As gemeentelede dít weer met oorgawe doen, sal ons gemeentes weer bloei en ware lewe beleef.
Gebed Heilige Gees van God, maak my hele lewe ’n openbaring van die liefde van God.
Die Heilige Gees is die geheim van die krag in my lewe. Al wat ek moet doen, is om my aan Hom oor te gee.
KATHRYN KUHLMAN
Uit: Wandel digby Christus, Solly Ozrovech se nuutste Bybeldagboek.
Om te bestel skakel 0860 231 231 of besoek www.luxverbi-bm.com



