Wednesday, May 7, 2008

Meer as oorwinaars

2Kor 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

God het die mag om met een woord ons lewe heeltemal te verander. Ek moes 6 maande terug n besluit neem wat my hele lewe sou verander. Die besluit was of ek God genoeg vertrou om nee te se vir n vaste inkomste en n besluit te neem dat God in beheer van my lewe sal wees.

Deur n familie lid het JesusKrygers sy onstaan gehad. Dit is n stryd wat God in my opgewek het, dat Sy kinders elkeen met n probleem sit en geen ondersteuning het nie. As ons as mede krygers alleen moet oorlog voer, is ons kanse vir n oorwinning baie skaars.

Die Here wil he dat ons oorwinnaars in Hom moet wees. Die teksvers se God het die mag om ons omstandighede te verander. Al wat God nodig het is dat ons vra en Hom dan genoeg vertrou om die werk te doen. Abraham is geseen omdat hy sy geloof in God geplaas het. Rom 4:17 "...en die dinge wat nie bestaan nie , roep asof hulle bestaan."
God wil ons seen. Ons is Sy kinders. Ons is meer as oorwinaars in ons Vader se hand.

No comments: