Tuesday, May 27, 2008

Ons is deur God gemaak om te gee.

1John 3:17 Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

1John 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Meeste van ons kan oor ons lewe uitkyk en se dat God waarlik goed is vir ons. Ons huise, motors, kindres se skole en lewensstyl is n sprekende voorbeeld van God se goedheid.

Joh 3: 17 het my doel as kind van God weer uitgebring en my met hartseer van my eie lewe aangekla. Hoeveel kan ons besit, sonder om vir God te se: "Here alles wat ek besit behoort aan U.

2Kor 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

God seen ons so dat ons in alle opsigte oorvloedig kan wees EN oorvloedig kan skenk aan hulle wat nood is.

Solariteit het hierdie foto's bekendhemaak, My eerste vraag is , wat ek kan doen Here.
Kyk na die foto's en vra jouself, wat kan ek doen.
http://www.helpendehand.co.za/armoede/gallery.htm

Mag God ons seen omdat ons bereid is om te seen.

Ek bid dat God ons lei en ons n hart gee van liefde en omgee.

My misie en visie is dat God ons n hart van omgee en liefde gee. Dat ons, ons beursies aan God toewy en Hom vertrou om herlewing en wonderwerke te doen.
Mag die Here se seen oor ons lewe en families wees.

No comments: