Ek het die volgende e-pos ook van iemand anoniems ontvang. Ek plaas dit hier en hoop dit is vir julle ook so groot seen soos wat dit vir my was.
MMC
18 – 20 April 2008
In Markus 11:22, sê Jesus "Have faith in God". En na die naweek weet ek dat dit moontlik is om op blinde geloof te funksioneer en te lewe. Oom Angus, die ou van faith like patatoes, hardloop 110% op geloof en ek wens ek het 'n fraksie van sy geloof gehad. Ek wens dat almal van ons sulke geloof kon hê, maar ek werk daaraan.
MMC, mighty men conference, het gegaan om die mans van hierdie land weer hulleself terug te gee. Dit het gegaan om die families van die God weer te kom oprig om hierdie land te kom verander deur in die kombuis te begin. Die tema was "Dying to live", soos in Gal 6:20 staan, ons is dood maar ons lewe. Ons lewe in Christus en ons leef omdat hy uit liefde vir ons sondes gesterf het. Ons mans het slap begin raak en die hele wereld begin blameer vir die hele wereld en sy probleme. Dis tyd dat ons begin regop staan en met volle bors begin loop en mense in die oë kyk. Ons is die prinse en ons moet so begin optree. Dis tyd dat ons ons plekke inneem as hoof en priesterhoof van ons huise. Dis tyd dat ons begin glo. Glo soos in Markus 11:22. 'n Tipe geloof wat berge kan verskuif en dinge sal doen wat net ongelooflik is. Faith is believing in something you can not see. And the reward of faith is seeing what you have believed in.
So hoe was die MMC vir my? Wel daar is nie eintlik woorde hiervoor nie. Mens kan nie eintlik dit opsom in 'n paar woorde nie. Beskrywings soos "life changing", "redifing your faith", "empowering" en "eye opening" kom naby, maar dit was meer as dit. Ek het sommer baie van geloof geleer en ook oor verhoudinge. Die oggend toe ek in daai tent sit kon mens nie anders as om te besef dat God groter is as die heelal nie. Nou net om julle 'n idee te gee. Moreleta se groot kerk is groot en vat seker tussen 7000 en 10000 mense, loftus vat so 45000 mense en daar sit ons in die grootste tent in die wereld, wat 30000 plus mense vat. 'n Tent wat 4 rugby velde groot is en wat se seile alleen 200 ton weeg, wat met iets soos 17 trokke aan gery is en wat 2 weke of so vat om op te slaan. 'n Tent wat nog net 4 keer of iets opgelaan is in die wereld, van wee die koste daaraan verbonde. En hier sit ons op 'n vrydagaand, nie in die tent nie maar buite want die tent is vol en dit lyk of daar meer mense buite die tent sit as binne, en Saterdagaand was daar nog meer mense. En die beste is, alles is betaal. Ons sit op ons eie stoele so 15 meter van die tent se rand af, ander manne staan, ander manne sit op die grond en Angus praat met passie. Soos 'n vuur wat brand binne in hom wat nie geblus kan word nie. Hy getuig meer as preek en sê goed soos "I'm not the rainmaker, I'm the rainmaker's son!", en dan skreeu hy AMEN, en dan skreeu al die mans AMEN soos een man en die klank weergalm oor die vlaktes en dit gee jou hoendervleis tot in jou beenmurg in. In die verte kom die manne nog in. Hulle hou nie op nie. Na die diens, so 22:00 toe kom hulle nog in tot seker so 23:00. Soek kamp plek, en die ouens kamp enige plek. Hierdie is 'n army, 'n mighty army, 'n holy army en ek dink aan die dae van die ou testament waar die manskappe in die duisendes was en seker presies so gelyk het. Dit maak my opgewonde en daar is 'n elketriese gevoel in die kamp. Dit het vir my gevoel asof ek deel was van 'n army, mighty warriors wat besig was om hulle wapens skoon te maak, nuwe strategië te beplan en om gereed te maak vir oorlog. Soos in die fliek Gladiator of in Braveheart, met die manskappe in 'n oop veld in tente met hulle perde. Ons perde was net groter en blinker as hulle perde, lol. En Sondag het die koning van alle konings geskreeu "FREEDOM", en al sy manskappe is terug na hulle eie battlefields, slagvelde, gewapen, gepanser en alreeds in oorwinning. Die koningkryk moet terug geneem word en verlore grond moet terug geeis word. Hoekom het al hierdie manne saam getrek, uit hulle eie vrye wil, in al hulle besige skedules, van oorals, kaap, vrystaat, Namibie, Zambië, Zimbabwe, letterllik reg oor Afrika, reg oor die wereld. Daar was Amerikaaners en Ausies? Manne van alle nasies, manne van alle klasse en kleure en manne van alle ouderdomme? Wat was die rede? Net vir een rede, Jesus. Vir Jesus en deur Jesus.
En as ek weer daaroor dink smile ek terselfdetyd want iets is aan die gebeur. Dit gee hoop, hoop vir ons land, vir manne en vir gewone mense, ons moet net glo. 60000 mans, maal dit met 4, dis 240000 mense wat direk of indirek daar was. Dis 'n mighty army. Dis soos Angus sê "We are not at the beginning of a revival, we are IN revival!". Mat 6:33 sê "Soek alle eers die koningkryk en wil van God en al hierdie dinge sal vir julle gegee word". Ons was daar om die koningkryk van God te soek.
Ek wil afsluit met iets persoonliks wat op die kamp gebeur het. En ek voel dis baie belangrik en daarom wil ek dit met julle deel. Sondag oggend toe praat Angus oor Stilte tyd. Iets wat die laaste ruk, langer as wat ek hier wil sê vir my 'n issue was en ek weet dis 'n issue vir baie van ons. Ons tyd raak net al hoe minder en ons doen net al hoe meer en al hoe minder tyd word aan God gegee. My stilte tyd was baie aan en af, soms great en soms net om my skuld gevoelens te sus. Op 'n staduim toe laat Angus almal wat wil, 'n belofte maak aan die Here dat hulle van vandag af elke dag vir die res van hulle lewe stilte tyd sal hê. Dis baie belangrik, want dis hoe mens God se wil regtig leer ken. Ek wou baie graag die belofte maak maar het toe nie, want dis vir my nogal 'n baie moeilike en groot belofte om te maak. Veral soos ek myself ken. Elkgeval, ek het toe net God gevra om my te help om dit na te streef, om dit reg te kry want Hy weet hoe graag ek dit wil doen. Dis baie belangrik, want jy kan nie iemand goed leer ken as jy nie baie tyd saam met hom of haar spandeer nie. En dis so met Jesus ook en dis waarom dit so belangrik is om stilte tyd te hê. Ons almal weet dut maar ons is te besig.
Vanoggend 05:00 word ek wakker, sonder 'n wekker uit gerus, vars en reg vir aksie. Gewoonlik slaap ek tot 07:00. Toe het ek en Esti die beste stilte tyd gehad en dit was baie special.
Een laaste gedagte. Hierdie land is God se land en hy gaan nie dit weg gooi nie. Ons moet meer bid en meer bid vir ons land.
No comments:
Post a Comment